AfriForum sê hy sal Nersa se tarief-goedkeurings ondersoek
AfriForum sê hy gaan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se goedkeuring van Eskom se tariefaanpassings vir die volgende drie jaar ondersoek om vas te stel of dit aan alle regsvereistes voldoen. Die goedgekeurde verhogings sluit in 12,74-persent vir die 2025/2026-boekjaar, 5,36-persent vir 2026/2027, en 6,19-persent vir 2027/2028, wat aansienlik minder is as Eskom se aanvanklike versoek. AfriForum se woordvoerder, Morné Mostert, sê dit kom voor of Nersa Eskom toelaat om onregmatige uitgawes deur elektrisiteitstariewe te herwin: