VSA Ope begin ook op ‘n Sondag 

Die Amerikaanse Ope brei sy hooftoernooi uit na 15-dae en begin vanjaar op ‘n Sondag vir die eerste keer in die Ope-era. Die Amerikaanse Tennisvereniging sê dit volg nadat die toernooi verlede jaar die derde agtereenvolgende jaar ‘n rekordbywoning gehad het. Hy sê die begin op ‘n Sondag sal ‘n bykomende 70 000 toeskouers toegang gee. Wimbledon is nou die enigste oorblywende Grand Slam-toernooi met ‘n tradisionele begin op ‘n Maandag nadat die Australiese Ope verlede jaar verander het en die Franse Ope in 2006.