Kombat se sluiting sal ekonomie drasties raak
Kosmos 94.1 Nuus het bevestiging van werknemers by die Kombat-kopermyn ontvang dat vandag hul laaste dag by die werk sal wees, aangesien alle bedrywighede by die myn vir ongeveer nege maande opgeskort gaan word. Dit kom na die myn ondergronds oorstroom het na twee pompe gebreek het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Veston Malango, die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Mynwese, wat sê hy het nie die jongste inligting nie, maar dit sal die ekonomie drasties raak.