Kagame sê Ramaphosa is oneerlik
Die president van Rwanda Paul Kagame beskuldig president Cyril Ramaphosa van ‘n verwringing en oneerlikheid oor die kwessies wat hulle bespreek het oor die situasie in die Demokratiese Republiek die Kongo. Hy beweer Ramaphosa het privaat erken Suid-Afrikaanse troepe wat in die DRK gesneuwel het is nie aangeval deur M23-rebelle nie, maar deur die Kongolese weermag, FARDC. Dit kom nadat Ramaphosa Rwanda beskuldig het van steun vir M23. Kagame sê Suid-Afrika is in geen posisie om die rol te speel van vredemaker of bemiddelaar nie: