Betogings, geweld in Kinshasa oor buiteland wat DRK nie help nie
Betogers wat die internasionale gebrek aan optrede rondom die krisis in die Demokratiese Republiek die Kongo kritiseer, het die ambassades van Rwanda, Frankryk, België en die Verenigde State in Kinshasa aangeval. Geweerskote het ook in dele van die stad Goma geklap, waar Kongolese soldate gebots het met burgermagvegters wat deur Rwandese soldate gesteun is. Die hoofstad in die oostelike DRK het ‘n slagveld geword vandat vegters van die Tutsi-geleide M23-gewapende groep en Rwandese magte Sondagaand sentraal Goma binnegedring het ná weke se gevegte in die streek.