Polisieman verkrag blykbaar aangehoude vrou in selle
‘n Polisiebeampte is vas vir die verkragting van ‘n aangehoudende in die polisieselle by Ncaute-polisiestasie in Kavango Wes. Die 32-jarige man sal môre in die hof verskyn. Die polisie sê die voorval het op 22 en 23 Januarie plaasgevind. Die 22-jarige slagoffer is ook steeds in aanhouding en ‘n ondersoek is gelas. Hoofinspekteur Raimbert Muronga van die polisie in die streek het meer.