GRN en Sinomine moet arseen ‘onreg’ aanspreek
Earthlife Namibia sê in ‘n verklaring dat die nuwe eienaar van die Tsumeb-smelter, die Chinese Sinomine Tsumeb Smelter nie die onreg kan ignoreer wat baie werkers en inwoners van Tsumeb vir dekades ly weens gesondheidsprobleme wat veroorsaak word deur blootstelling aan arseen en ander giftige swaar metale en stowwe nie. Volgens Earthlife het ‘n onlangse studie deur twee ondersoekende joernaliste van Switserland en Suid-Afrika verhoogde vlakke van arseen in die hare van verskeie Tsumeb-inwoners gevind, met een monster wat arseenvlakke 20 keer hoër as die wettige perk toon. Ongeveer 2 persent is in die grond gevind, wat gevaarlik hoog is en grondwater kan besoedel. Arseen is in die plantegroei gevind, wat beteken dat die geraakte landbouprodukte nie verbruik moet word nie. Earthlife doen ‘n beroep op die regering en die mynmaatskappy om die onreg dringend aan te spreek.