So lyk grenssluitings vir Februarie
Die Namibiese Akkerbouraad het aanpassings gemaak in grenssluitings vir Februarie. Net ses van die 20 akkerbou-produkte mag nie ingevoer word nie, baie laer as die 15 in Desember verlede jaar. Die grens is toe vir botterskorsies, wortels, Engelse komkommer, gekleurde soetrissies, groen soetrissies en soetmielies. Die grens is oop vir aartappels, pampoen, spanspek en Iceberg-blaarslaai. Pro-rata invoere sluit in beet, patats, uie, konfyt-tamaties en ronde tamaties. Vir waatlemoen word 50 persent invoere toegelaat met 40 persent vir kool en skorsies, 30 persent vir kersie-tamaties en 20 persent vir spinasie.