Amerikaners wat Trump afkeur styg van 39% tot 46%
Amerikaners is nie beïndruk met sommige van president Donald Trump se vroeë bevele nie. Dit sluit in sy poging om weg te doen met geboorteregburgerskap en sy besluit om die Golf van Mexiko te hernoem. Volgens ‘n Reuters/Ipsos-peiling keur 45 persent van Amerikaners Trump se prestasie goed, effe laer as die 47 persent op 20 Januarie. Meer Amerikaners keur hom af, met 46 persent teenoor die 39 persent in Januarie. Trump het ’n rits bevele uitgereik sedert hy op 20 Januarie ingesweer is.