GBV-slagoffers moenie sake terugtrek nie
Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het slagoffers van geslagsgeweld gevra om sterk te wees en nie klagtes terug te trek weens finansiële of emosionele manipulering nie. Hy het ‘n saak veroordeel waarin ‘n vrou wie se man haar geskiet het, gevra het dat hy vrygelaat moet word. Mchunu se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, gee die versekering die polisie bly daartoe verbind om geslagsgeweld te beveg, en vra slagoffers om vals beloftes te verwerp wat mishandeling laat voortduur: