Werloosheidsyfers word vandag bekend gemaak
Die Namibiese Statistieke-agentskap sal vandag die langverwagte arbeidstatistieke bekendmaak na September 2023 se sensus. Die agentskap het lelik onder skoot gekom vir wat as die vertraging daarvan beskryf word en daar was aantygings dat dit aspris teruggehou is omdat die verkiesing in November verlede jaar gehou is. Ekonome wag in spanning vir die syfers, die eerste noemenswaardige syfers sedert 2018. Hulle meen ook dit is skandelik dat dit so lank gevat het.