VN waarsku oor situasie in Goma
Die Verenigde Nasies waarsku die situasie in Goma in die oostelike Demokratiese Republiek die Kongo is besig om vinnig agteruit te gaan te midde van voortslepende aanvalle deur Rwandees-gesteunde M23-rebelle. Minstens 17 buitelandse vredesmaglede is reeds dood in gevegte, insluitend 13 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Die VN-hulpkoördineringskantoor se woordvoerder, Jens Laerke sê hulle eis die onmiddellike staking van die gevegte en vir die rebelle om te onttrek uit gebiede wat hulle beset: