NUM verwelkom daling in mynsterftes
Die mynwerkersvakbond NUM verwelkom die departement van minerale- en petroleumhulpbonne se jongste verslag wat ‘n afname in mynsterfstes aandui. Die bedryf het 42 sterfgevalle in 2024 aangeteken, wat die laagste aantal ooit in die geskiedenis van die mynwese in Suid-Afrika is. Dit verteenwoordig ‘n jaar-tot-jaar verbetering van 24-persent, vergeleke met 2023, toe 55 werkers in myne dood is. Masibulele Naki van NUM sê hulle sal steeds geregtigheid vir alle mynwerkers voorop stel en daarvoor veg.