Ekonomiese onsekerheid heers, maar daar’s ligpunte
Volgens Deloitte se globale ekonomiese vooruitsigte vir 2025, verwag kenners by die maatskappy ekonomiese onsekerheid te midde van nuwe globale beleide. Intussen gaan regerings en sentrale banke voort om ‘n balans te navigeer tussen ‘n begeerte om inflasie te onderdruk en ‘n doelwit om groei te bevorder. Namibië se BBP-groei sal na verwagting 3,8 persent bereik, inflasie sal na verwagting rondom 4 persent beweeg en die repokoers kan met 75-basispunte verlaag word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Max Rix, die hoof van beleggings by Simonis Storm, oor sy verwagtinge.