Suid-Amerika, klimaatsverandering en die mielieprys

Veranderende patrone van klimaatsveranderlikheid en uiterste weervoorvalle het ‘n negatiewe uitwerking in Latyns-Amerika en die Karibiese gebied. So lui ‘n nuwe verslag deur verskeie agentskappe van die Verenigde Nasies. Die verslag sê baie warm weer en droogte, wat vererger word deur die El Niño-weerpatroon, het die prys van mielies laat styg in Argentinië, Meksiko, Nicaragua en die Dominikaanse Republiek. Swaar reën in Ecuador het ‘n verhoging van 32- tot 54-persent veroorsaak in groothandelpryse. Die VN sê dringende optrede is nodig om veerkragtigheid op te bou binne die agrivoedsel-stelsels.