DeepSeek: Jammer vir julle, raak meer kompeterend – Trump 

Die Amerikaanse president Donald Trump sê China se DeepSeek-maatskappy is ʼn wekroep vir Amerika se tegnologie-bedryf. Aandele wat met kunsmatige intelligensie verband hou, het Maandag ʼn knou gekry. Die skyfie-vervaardiger, Nvidia, se aandele het met 17-persent geval nadat DeepSeek se nuwe toepassing die gratis toepassing geword het wat die meeste in Amerika afgelaai is. Dit het al die kenmerke van mededingers soos OpenAI en ChatGPT, maar is teen ʼn fraksie van die koste ontwikkel. Trump sê Amerikaanse nywerhede moet meeding met die doel om te wen: