Skukuza-stropers kry 48 jaar

Die Skukuza streekshof het drie mans gesamentlik tot 48 jaar tronkstraf gevonnis vir renosterstropery. Die drie het in 2019 ‘n renoster doodgemaak terwyl hulle onwettige permitte gebruik het, met bewyse wat hul wapens met die misdaad verbind het. Sam Khosa en Odis Maluleke is elk tot 22 jaar tronkstraf gevonnis terwyl Benett Silahle vier jaar gekry het. Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag sê al drie is onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit.