Musk sê Duitser moet ophou skuldig voel 

Die miljardêr en Trump-bondgenoot Elon Musk loop deur onder kritiek nadat hy oor die naweek, net voor die 80ste herdenking van die bevryding van Auschwitz gesê het Duitsers moet ophou skuldig voel oor die verlede en ook dat kinders nie die skuld van hulle grootouers kan dra nie. Hy sê Duitse kultuur moet gevier word en dat multikulturalisme skade aan die land doen.