Amerikaanse vrou leef nou langste met varkorgaan

‘n Amerikaanse vrou het die wêreld se langslewende ontvanger van ‘n varkorgaan geword nadat sy reeds 61 dae lank gesond leef met haar nuwe nier. Towana Looney het die eksperimentele orgaan in November ontvang na amper agt jaar op die orgaanoorplantingslys met min hoop op ‘n gepaste nier. Sy is net elf dae na haar operasie uit die hospitaal ontslaan en word nou ‘n maand lank in New York waargeneem voordat sy na haar huis in Alabama terugkeer. Nog net vier ander Amerikaners het varkorgane ontvang en nie een van hulle het langer as twee maande oorleef nie.