SA wen steeds in IKR Onder-19 Vroue T20 Wêreldbeker

Krieket: Suid-Afrika se Onder-19 Vroue het bly beïndruk in die IKR Onder-19 Vroue T20 Wêreldbeker Maleisië 2025-toernooi met hulle sewe-paaltjie-oorwinning teen Ierland in hulle eerste Super Sesse-kragmeting. Gure weer het die wedstryd tot tien beurte per span beperk, en Ierland het eerste gekolf. Danksy ‘n indrukwekkende boulvertoning deur Monalisa Legodi en die kaptein, Kayla Reyneke, is Ierland uitgeknikker vir 35 lopies. Suid-Afrika het die teiken maklik bereik vir die verlies van net drie paaltjies. Hulle speel Dinsdag teen Amerika.