DRK verbreek diplomatieke bande met Rwanda
Die Demokratiese Republiek van die Kongo het alle diplomatieke bande met Rwanda verbreek, te midde van ‘n oplewing in gevegte met Rwanda-gesteunde M23-rebelle. Suid-Afrika sê nege van sy vredesmagte is Saterdag dood in hewige gevegte rondom Gomo in Oos-Kongo. Die rebelle beheer nou meer grondgebied, en die VN waarsku teen die risiko van ‘n breër streeksoorlog. Kongo, die VN en ander beskuldig naburige Rwanda daarvan dat hulle die konflik met sy eie troepe en wapens aanvuur. Rwanda ontken dit. Die VN se Veiligheidsraad sal vandag vergader om die krisis te bespreek.