Steenkool-, metaaluitvoerders gaan miljarde in spoorlyne belê

Suid-Afrikaanse steenkool- en ysterertsuitvoerders, insluitend maatskappye soos Glencore en Anglo American, onderhandel met Transnet oor ooreenkomste om miljarde Suid-Afrikaanse rand te belê in die herstel van spoorinfrastruktuur. Die ineenstorting van goedere-spoorlyne weens swak instandhouding en diefstal het veroorsaak dat steenkooluitvoere in 2023 tot ‘n 30-jaar laagtepunt gedaal het. Bloomberg sê Transnet het 64,5-miljard-rand oor ‘n tydperk van vyf jaar nodig om alle lyne te herstel. Die regering beplan om teen April privaat operateurs toe te laat op hierdie spore om uitvoere en inkomste ‘n hupstoot te gee.