Onderwysministerie werk aan uitdagings in skole

Skole regoor Namibië het die 2025 akademiese jaar afgeskop met uitdagings soos oorvol klaskamers, probleme met leerlingplasings en ‘n gebrek aan noodsaaklike hulpbronne. Die Erongo- en Zambezi-streke is die swaarste getref. Die Erongo-streek alleen het ‘n toename van 5 persent in leerlinggetalle gehad, wat die bestaande infrastruktuurprobleme vererger. Volgens die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, is verstedeliking en stygende leerlingbevolkings die sleuteldrywers van hierdie uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur van onderwys, vir ‘n opdatering.