OYO hou Beste van 2024 in Februarie

Die OYO Dansgroep bied op 13 Februarie ’n Beste van 2024 opvoering by die Franco Namibiese Kultuursentrum in Windhoek aan. Toegang is gratis, maar bywoning moet per e-pos bevestig word by info@ombetja.org. Dr. Philippe Talavera, die stigter en direkteur van OYO, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en nooi almal hartlik uit. Die vertoning is egter nie geskik vir kinders onder 15 nie.