Kremlin sê daar’s niks nuuts aan sanksie-dreigemente nie
Rusland sê daar is nie veel nuut in Amerikaanse president, Donald Trump se jongste opmerkings oor die konflik in Oekraïne nie, maar Moskou is gereed vir “wedersydse respekvolle” dialoog met hom. Trump het gister gedreig met nog sanksies teen Moskou as hy nie ‘n ooreenkoms aangaan om sy byna drie-jaar-lange oorlog met Oekraïne te beëindig nie. Die Kremlin se woordvoerder, Dmitri Peskov, het gesê Trump se eerste presidentskap het bewys hy hou van sanksies. Verwagtinge is groot dat Russiese president, Vladimir Putin en Trump binnekort telefonies sal gesels oor die konflik.