Mielie-invoerverbod van Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga
Die landbouministerie het ‘n onmiddellike verbod geplaas op alle invoere en deurgang van mielies en mielieprodukte, asook papajas en hul produkte en ander palmsoorte uit die Vrystaat, Limpopo en Mpumalanga in Suid-Afrika. Dit kom na knopvrotsiekte in palms en Goss se verwelk op mielies in die provinsies bevestig is. Alle permitte wat reeds vir hierdie produkte en hul deurgang uitgereik is, is onmiddelik opgehef en sal eers weer ingestel word wanneer pesvrye sones in die buurland geïdentifiseer is. Die ministerie sal fitosanitêre maatreëls instel om te verseker dat die peste nie die land binnekom nie.