NTN hou oudisies vir nuwe toneelstuk
Die Nasionale Teater van Namibië gaan oudisies hou vir “God of Women”, ‘n toneelstuk deur die bekende Namibiese dramaturg professor Sifiso Nyathi, onder regie van Keamogetsi Joseph Molapong. Dit ondersoek die kompleksiteite van gebruiklike poligamie in die Namibiese samelewing. Die toneelstuk, ook ’n voorgeskrewe teks vir sekondêre skool Engels Tweedetaal-leerders, sal deel wees van die teater se hoofprogram. Oudisies word op 7 en 8 Februarie gehou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die teater se woordvoerder, Desiree Mentor.