Unam sê weer nee vir gewone vlak gr-11’s
Unam se beleid vereis dat leerders graad 12 voltooi vir toelating tot sy programme, insluitend sy gereedheidskursusse. Graad 11-kwalifikasies, verteenwoordig deur die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat vir Gewone Vlak, is volgens Unam nie voldoende voorbereiding vir die eise van universiteitstudie nie. Dit word as ‘n vlak 3-kwalifikasie geklassifiseer, terwyl Unam se minimum vereiste vir Baccalaureusgraad-toetrede vlak 4 is, wat ooreenstem met Gevorderde Filiaalvlak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Unam se woordvoerder, Simon Namesho.