Sinner klop De Minaur, deur na Aussie Ope halfeindronde

Tennis: Verdedigende kampioen, Jannik Sinner, het min moeite ondervind om die plaaslike held, Alex de Minaur, uit die Australiese Ope te boender. Die Italiaanse wêreld nommer een het die agste gekeurde De Minaur in skoon stelle verslaan – 6-3, 6-2, 6-1 – en kom Vrydag in die halfeindronde teen Ben Shelton te staan. Die Amerikaner het die Italianer, Lorenzo Sonego, vroeër in ʼn opwindende kwarteindstryd verslaan. Die ander halfeindstryd word beslis tussen die tienmalige kampioen, Novak Djokovic, van Serwië en die tweede gekeurde, Alexander Zverev, van Duitsland.