Lüderitz onder druk met dienste, maar werk hard: burgemeester

Lüderitz is die brandpunt van stedelike ontwikkeling vir die ontluikende olie- en gasbedryf aflandig in Namibië. Dit was voorheen meeste gefokus op toerisme met uitvoere by die hawe, die visbedryf en meer. Die dorpsraad het sedert die ontdekking van olie- en gasbronne onder druk gekom om genoegsame dienste te voorsien met talle ontwikkelings wat op die dorp plaasvind. Daar is ook vakante poste in die dorpsraad wat dringend gevul moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met burgemeester Phil Balhao gesels.