Amerika uit WGO ‘n slag, ‘Afrika moet op eie voete staan’

Amerikaanse president Donald Trump het aangekondig dat die Verenigde State aan die Wêreldgesondheidsorganisasie sal onttrek, aangesien dit volgens hom die Covid-19-epidemie en ander wêreldwye gesondheidsnoodgevalle swak bestuur het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die voormalige Namibiese gesondheidsminister dr. Richard Kamwi, wat sê dit sal die organisasie knou. Hy voeg by dis tyd dat Namibië en Afrika-lande op hul eie voete staan en nie aan Amerika se rokspante hang nie.