SA wik en weeg nog oor BRICS-geldeenheid

Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika het nog nie sy standpunt oor ‘n gemeenskaplike BRICS-geldeenheid bepaal nie. Mashatile beklemtoon die land is afhanklik van die Amerikaanse dollar asook die noodsaaklikheid om handelsbesluite met groot omsigtigheid te neem. Volgens hom duur gesprekke voort en Suid-Afrika moet voorrang gee aan ekonomiese bestendigheid voor hy hom tot sulke belangrike wysigings verbind.