Derde van Arktiese streek stel nou meer koolstof vry as wat dit opneem

ʼn Derde van Arktiese woude en vleilande stel nou meer koolstofdioksied vry as wat dit opneem. ʼn Nuwe studie in Nature Climate Change skryf dit toe aan langer groeiseisoene, groter mikrobiese bedrywighede en ʼn toename in die voorkoms en intensiteit van veldbrande. Meer as 40-persent van die Arktiese ekostelsel, wat Siberië, Alaska, die Nordiese lande en Kanada insluit, dien as ʼn netto koolstofbron. Die studie se medeskrywer, Marguerite Mauritz, sê daar is ʼn dringende behoefte dat die Arktiese ekostelsels steeds gemonitor word.