SA-owerhede het kommer oor oorbevolking in tronke

Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste het kommer uitgespreek oor oorbevolking in tronke en sê daar is meer buitelanders as Suid-Afrikaanse landsburgers in gevangenisse. In die 2023/2024-boekjaar was daar 156 000 gevangenes in tronke terwyl daar landwyd slegs 105 000 goedgekeurde bedspasies vir gevangenes is. Die komiteevoorsitter, Anthea Ramolobeng, sê sedert Maart 2024 het die departement 22 612 buitelanders opgesluit waarvan 690 lewenslank sal sit: