Museum-verval: Dis moeilik om plakkers te verwyder

Reaksie word ontvang op foto’s wat die rondte op sosiale media doen van die Owela-uitstalling- en opvoedingsentrum, ‘n museum naby die ou Staatshuis en langs die Nasionale Biblioteek in Windhoek. Dit is in Maart 2020 tydelik gesluit tydens die Covid-19-pandemie. Selfs voor dit het hawelose mense hul intrek geneem op die terrein, wat sedertdien in ‘n vullishoop in die middel van die stad verander het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van onderwys, wat sê dis nie maklik om van die mense ontslae te raak nie en opknappingswerk het reeds begin.