Studente kry uitslae, kwalifikasies ongeag skuld en Nanso juig

Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het opgewondenheid uitgespreek ná ‘n opdrag van die ministerie van hoër onderwys dat alle gegradueerdes, ongeag hul skuld, hul kwalifikasies moet ontvang. Studente met uitstaande fooie se uitslae moet ook bekend gemaak word. Jessy Abraham, Nanso se woordvoerder, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hierdie inisiatiewe weerspieël Nanso se toewyding om te verseker dat finansiële beperkings nie studente se akademiese vordering en geleenthede belemmer nie.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *