Swapo moet huwelike uitlos en eerder na homself kyk
Die Huwelikswet van 2024 wat amptelik die erkenning van dieselfde geslag huwelike verbied, insluitend dié wat wettiglik in ander lande uitgevoer is, is in die Staatskoerant gepubliseer. Dit is nou wet, alhoewel nog nie in werking nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Hewat Beukes van die Workers Revolutionary Party gepraat, wat sê dat Swapo bekommerd moet wees oor die misdade wat hulle in die verlede gepleeg het wat van morele kommer is en nie bekommerd moet wees oor mense se persoonlike verhoudings nie.