Mufeti sê oor Tsumeb en die arseen-kwessie
Inwoners van Tsumeb spreek lankal reeds kommer uit oor gesondheidskwessies wat verband hou met arseenblootstelling, dampe en stof van die kopersmelter, wat voorheen deur Weatherly bedryf is en tans deur Dundee Precious Metals. Na wat berig word het onafhanklike ontledings hoë arseenvlakke in inwoners en werkers bevestig, met simptome wat naarheid, velirritasie, nierskade en erge hoofpyne insluit. Grond- en gewasbesoedeling rondom die smelter hou aansienlike risiko’s vir boerdery en menslike gesondheid in, veral vir kinders. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die omgewingskommissaris, Timotheus Mufeti, wat sê hy is nie bewus van die jongste klagtes van inwoners van Tsumeb nie. Die regering het egter baie gedoen om inwoners se veiligheid te verseker. Hy verduidelik.
Mufeti voeg by dat die potensiële besoedeling nie die dorp of die water raak nie.