Namibië behaal 4de plek uit 8 vir veiligheid in Afrika
Namibië se toerismeministerie het die onlangse peiling deur Altezza Travel verwelkom. Dit plaas Namibië as die vierde veiligste land in Afrika. Altezza Travel se erkenning van Namibië se veiligheid, politieke stabiliteit en goed ontwikkelde toerisme-infrastruktuur is ‘n beduidende prestasie, volgens woordvoerder Romeo Muyunda. Hy sê dat hierdie ranglys nie net die land se internasionale beeld versterk nie, maar ook Namibië se posisie as ‘n uitstekende reisbestemming versterk. Mauritius is in die eerste plek, Ghana, tweede en Zambië derde. Altezza Travel met sy hoofkwartier in Kilimanjaro, Tanzanië, het die ranglys saamgestel. Dit plaas die top agt lande en Suid-Afrika het nie die lys gehaal nie.