DRK ondersoek myner vir US$300m se bedrog 

Die DRK het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die verduistering van meer as 300 miljoen Amerikaanse dollar deur die staatsmyner Gecamines tussen 2012 en 2020. Gecamines, wat minderheidsbelange in verskeie van die wêreld se grootste koper- en kobaltprojekte hou, word lank reeds geteister deur beskuldigings van korrupsie. Die DRK se waghond vir openbare finansies, die Algemene Inspektoraat van Finansies, het in 2022 bevind dat meer as 400 miljoen Amerikaanse dollar in belastingvoorskotte en lenings wat Gecamines gesê het hy aan die nasionale tesourie betaal het, kon nie gevind word nie. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *