Namdia-roof: Owerhede moet nog sê hoeveel gesteel is
Die gewapende roof Saterdagaand by Namdia oorheers die nuustoneel. Plaaslike media berig dat enigiets tussen 280 miljoen en ‘n miljard Namibiese dollar se diamante is gesteel. Kosmos 94.1 Nuus verneem daar was diamante in die mond van een van die verdagtes. Namdia en die polisie sê hulle sal ‘n gesamentlike perskonferensie hou om meer besonderhede te verskaf. Die vyfde verdagte wat gearresteer is Sondagmiddag is ‘n werknemer by Namdia se sekuriteitsafdeling en was volgens berigte ‘n oud-polisieman. Twee verdagtes is nog soek maar owerhede is doodstil oor ‘n moontlik wit Mercedes Benz met Angolese nommerplate wat die toneel gevlug het. Tot dusver is vyf betrek met een, muurbalspeler Max Endjala wat vermoedelik selfmoord op die toneel gepleeg het en ‘n ander wat aansterk in die hospitaal.