Starlink: Daar’s ‘n aanlyn petisie om goedkeuring te eis
Die Suide-boer Peet van Staden het weer die kwessie van Starlink se toegang aan Namibië aangespreek met ‘n ope brief aan die lynminister Emma Theofelus. Sy het reeds in Augustus insette van rolspelers gevra oor Starlink se aansoek vir toegang tot die land maar, dit is blykbaar afgekeer omdat daar nie Namibiese aanheelhouding is nie. Van Staden hou vol dat internet-toegang in landelike gebiede van kardinale belang is, nie net vir boere nie maar ook toerisme en meer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Hy het ‘n aanlyn petisie daargestel wat by starlink.peetvanstaden.com onderteken kan word.