Libanese president sê Israel moet teen 26 Januarie uit

Libanon se nuwe president eis dat Israel teen 26 Januarie uit sy land se suidlike gebiede moet onttrek. Dit is volgens die ooreenkoms wat verlede jaar beklink is. President Joseph Aoun het die aanmerkings gemaak tydens die besoek van die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres. Hy sê die voortgesette Israeliese oortredings en die vernietiging van infrastruktuur weerspreek heeltemal wat in die wapenstilstand-ooreenkoms daargestel is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *