Bibi sê hy behou die reg om aanvalle te hervat
Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê sy land is gereed om die oorlog teen Hamas te hervat sou samesprekings vir ‘n tweede fase van die wapenstilstand misluk. Die skietstilstand begin vandag met 600 vragmotors met humanitêre hulp wat daagliks toegang tot Gaza moet verkry. Hamas moet 33 gyselaars vrylaat ingevolge die ooreenkoms se eerste fase. Netanyahu sê hy het die steun van die Amerikaanse verkose president Donald Trump om aanvalle te hervat. Die skietstilstand tree om half-nege vanoggend in werking.