SA-DBV formuleer klag teen TikTokker
Die Nasionale Raad van DBVs in die buurland sê hy sal strafregtelike aanklagte aanhangig maak teen ‘n individu wat in ‘n onlangse wydverspreide video alkoholiese drank, vermoedelik bier, in die bek van ‘n karp ingooi. Die woordvoerder Jacques Peacock sê die individu, wat die video op TikTok geplaas het as “Lethabo_Sebapo”, is opgespoor en gekontak, en die aanklag is amper afgehandel. Hy sê in die video hoor mens Sebapo lag en dit lyk of hy die video vermaaklik vind: