Trump sal binne, in Rotunda, ingehuldig word

Vir die eerste keer in 40 jaar sal die inhuldiging van ‘n verkose president binne die Amerikaanse Capitol, in die sogenaamde Rotunda, plaasvind, weens erge koue. Donald Trump sê hy het self die instruksie gegee omdat hy nie wil hê mense moet beseer word nie. Die laaste keer wat dit plaasgevind het was in 1985 met Ronald Reagan se inhuldiging. Dit behoort van pas te wees vir Trump omdat hy vroeër gekla het oor vlae wat halfstok hang vir die ontslape president Jimmy Carter, tot 29 Januarie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *