Biden sê Trump moet TikTok-verbod hanteer
Bytedance wat TikTok besit sê dat hy môre meer as 170 miljoen Amerikaners se toegang tot die supergewilde video-toep sal afskakel, tensy president Joe Biden se administrasie dringend optree. Ingevolge ‘n April-wet moet Bytedance aan ‘n Amerikaanse firma verkoop omdat daar vrese is vir Chinese spioenasie. Die Amerikaanse hooggeregshof het Vrydag die verbod behou. Die Biden-administrasie het aangedui dat dit die afdwinging van die verbod aan die verkose president Donald Trump, wat Maandag ingehuldig sal word, oorgelaat sal word.