Trump stel Mel Gibson, Jon Voight en Sylvester Stallone as Hollywood-gesante aan
Die aangewese president, Donald Trump, het bekendgemaak hy het die akteurs Mel Gibson, Jon Voight en Sylvester Stallone as ambassadeurs aangewys om te help om Hollywood “groter, beter en sterker” te maak. Trump het op sy Truth-sosialemediaplatform gesê die akteurs sal as sy spesiale gesante optree in die middelpunt van die filmwêreld, wat hy beskryf as ‘n wonderlike plek maar vol probleme. Die drie akteurs is almal Trump-ondersteuners. Gibson het sy huis in die verwoestende brande in Los Angeles verloor en in reaksie op die nuus grappenderwys gevra of daar ʼn ambassadeurswoning aan die pos gekoppel is.