Kunene by Ruacana vloei sterk, Zambezi uiters laag
Die Zambezirivier by Katima Mulilo het vanoggend ‘n watervlak van 0,50 meter aangeteken. Dit is baie laer as die vlak van 1,36 meter wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Die watervlak by Rundu aan die Okavangorivier het vanoggend van 5,78 meter tot 5,72 meter gedaal, maar dit is hoër as verlede jaar se 5,22 meter. Die Kunenerivier by Ruacana het ‘n vloei van 492,89 kubieke meter per sekonde aangeteken, veel meer as die 337,60 kubieke meter per sekonde op dieselfde datum verlede jaar. Die watervlakke by Blouputs en Sendelingsdrift aan die Benede Oranjerivier was by albei 0,43 meter, veel laer as verlede jaar.