Madeleine McCann-verdagte nie nou aangekla nie
Die man wat verdink word van Madeleine McCann se ontvoering, sal nie vir die afsienbare toekoms aangekla word nie. Die aanklaer, Hans Christian Wolters, het aan Sky News gesê daar is tans geen klagstaat in die Maddie-saak nie. Christian B, wat ingevolge Duitsland se wetgewing op privaatheid nie ten volle geïdentifiseer mag word nie, sal na verwagting later vanjaar vrygelaat word, ná hy weens ‘n onverwante saak tronkstraf uitgedien het. Die drie-jarige Madeleine het op 3 Mei 2007 uit die gesin se gehuurde Portugese vakansiewoonstel verdwyn.